
Algemene Inligting
SKOOL TYE
Onderrigtye en reëlings rondom afhaal van leerder/s:
-
Ouers MOET leerders vanaf 13:00 tot 13:30 by hul REGISTERKLAS afhaal.
-
Ouers MOET asseblief by HEK "D" ingaan asook so SPOEDIG moontlik weer uitgaan by HEK "D" nadat die leerder afgehaal is.
-
Moet asseblief geen ander fasiliteite gedurende hierdie tyd besoek nie.
-
·In die media (koerante, televisie, sosiale media ens.) kan ons almal sien dat kinderontvoering toeneem, daarom die reëling om self u kind by die klas te gaan afhaal. Op hierdie manier kan die onderwyser gewoond raak aan die persoon wie die leerder afhaal.
-
Taxidrywers moet kinders by klasse afhaal! (Gr. RR-3)
-
Vul asseblief bladsy 1 "PERSOONLIKE EN NOODINLIGTING" in.Ons weet nooit wanneer 'n noodgeval gebeur nie.
SKOOLBYWONING
Indien ‘n leerder vroeër as die amptelike skooltye afgehaal word by die skool, MOET ‘n amptelike toestemmingsbrief voltooi en onderteken word deur die voogonderwyser. (Bewys van afspraak kan versoek word). Voorafreëlings moet asseblief gemaak word indien moontlik.
Leerders wat nie die verpligte akademiese tyd by die skool is nie sal afwesig gemerk word.
Afwesigheid as gevolg van siektes moet telefonies gerapporteer word.
Leerlinge moet asseblief by die huis gehou word indien :
-
siek is (Indien die leerder nie na wense aan die dagprogram sal kan deelneem nie),
-
aansteeklike siektes het,
-
kopluise het (selfs al is daar net neute).
-
“Ringworm” / omloop
Leerders moet by die huis gehou word totdat hulle ten volle herstel het.
‘n Sieknota kan versoek word.
Geen medikasie mag deur personeel van Laerskool Taalfees toegedien word nie.
HUISWERK BELEID
-
Huiswerk in Taalfees word beskou as een van die belangrikste maniere van kommunikasie met die ouers op ‘n weeklikse basis.
-
Huiswerk word aan die leerders verskaf om die ouers in te lig wat daagliks in die klaskamer behandel is.
-
Huiswerk word op ‘n weeklikse basis voorsien.
-
Huiswerk beteken dit is die opdragte wat aan die leerders verskaf word om daagliks tuis te gaan doen. Die onderwyser volg net op of die huiswerk wel gedoen is en is nie verantwoordelik om dit te merk nie, al word dit by naskoolsentrums gedoen, moet ouers dit kontroleer en daarby teken.
-
Tydsduur is van kardinale belang.
-
Gaan elke dag u kind se merietes / demerietes na in die klein huiswerkboek.
-
Parafeer elke dag by u kind se huiswerk.
Die onderwyser bly verantwoordelik dat die leerders die huiswerk ontvang asook die kontrolering dat dit wel gedoen is.
Korrektheid is die verantwoordelikheid van die ouer, asook intensiewe nasien daarvan.Huiswerk word as volg in die verskillende graadgroepe aangebied :
GRAAD 1
-
Weeklikse basis : klanke, leesles en wiskunde oefeninge word in boekvorm aan die leerders verskaf.
-
Die MODULE, WEEK en DAE verskyn vanaf MAANDAG tot DONDERDAG met elke dag se aktiwiteit.
-
Ouers kan elke dag die lees, klank- en temawoorde monitor en sigwoorde inoefen.
-
Alle skriftelike werk en ekstra oefeninge word in A4 grootte huiswerkboek gedoen.
-
Dit is van kardinale belang dat sigwoorde (tema en spel) daagliks geoefen word.
-
Ouers kan die leerder se vordering monitor indien die leerder nie na wense vorder nie, deur met die onderwyser in aanraking te kom.
-
Die huiswerk word daagliks deur die onderwyser nagegaan of dit wel gedoen is en word nie gemerk nie.
-
Onderwysers sal ook in die huiswerkboek met die ouers kontak maak vir ekstra werk of inligting vir remediërende onderrig.
-
Huiswerk moet nie daagliks die tydsduur van ± 20 minute oorskry nie.
-
Trek asseblief die huiswerkboek (A4) netjies oor met u kind se naam en van daarop.
GRAAD 2 & LSEN
-
Trek asseblief die huiswerkboek netjies oor met u kind se naam en van.
-
Elke dag se huiswerk het die MODULE, WEEK en DAE vanaf MAANDAG tot DONDERDAG met elke dag se aktiwiteit, dit word Maandae in boekvorm aan die leerders verskaf.
-
Leerders kry huiswerk van al die werk wat die betrokke dag in die klas behandel is.
-
Die huiswerk sluit alle klanke, lees en wiskunde in.
-
Huiswerk word in die betrokke boek gedoen behalwe as ‘n opdragkaart verskaf word.
-
Huiswerk word slegs deur die onderwyser gekontroleer of dit wel gedoen is.
-
As enige probleem voorkom is die ouer welkom om met die onderwyser kontak te maak in die huiswerkboek, sodat die nodige werk weer aan die leerder verduidelik kan word of herhaal word.
-
Daaglikse tydsduur moet nie die tydperk van ± 30 minute oorskry vir skriftelike werk nie. LEES SOVEEL AS MOONTLIK!
-
Die onderwyser sal met die ouers in aanraking kom as daar enige remediërende onderrig moet plaasvind.
-
Daar word 1 keer per kwartaal ‘n kunsprojek gegee. Let asseblief daarop dat dit vir ‘n assesseringspunt by Lewensvaardigheid sal tel.
-
(Alle hulpmiddels / benodighede moet by die klas op die gegewe datums wees.)
-
Alle mondelinge praatjies moet deeglik voorberei word, want dit tel as mondelinge assesseringspunt. Hierdie mondelinge punt maak ‘n groot deel van die rapportpunt uit.
GRAAD 3
-
Leerders in graad 3 word aan die belangrikheid van selfstandige afskryf van huiswerk bekend gestel vanaf die 4de kwartaal. Dit leer hulle selfstandigheid en akkuraatheid.
-
Leerders ontvang weekliks huiswerk in boekvorm wat spel, lees, wiskunde, drukskrif, lopende skrif, addisionele taal asook sekere naslaan aktiwiteite insluit.
-
Huiswerk word wel deur die onderwyser gekontroleer, maar nie gemerk nie. (Dit is die ouers se plig om huiswerk te kontroleer, so kan ouers ook moontlike probleme uitlig).
-
Alle korrespondensie waar daar probleme is of enige werk wat nie verstaan word nie, word in die huiswerkboek deur die ouer aangeteken. Die onderwyser sal die nodige hulp verleen en opvolg.
-
Indien enige remediërende onderrig moet plaasvind, sal die onderwyser die nodige kontak met die ouers maak, reëlings tref en briewe uitdeel.
-
Alle projekte vir assesserings doeleindes wat verskaf word, moet skriftelik wees, met al die nodige inligting soos inhandigingsdatum, inligting van die projek, asook die puntetelling van die taak.
-
Tydsduur van daaglikse tuiswerk is ± 45 minute. LEES SOVEEL AS MOONTLIK.
-
Alle mondelinge praatjies moet deeglik voorberei word, want dit tel as mondelinge assesseringspunt.
-
Daar word 1 keer per kwartaal ‘n kunsprojek gegee. Let asseblief daarop dat dit vir ‘n assesseringspunt by Lewensvaardigheid sal tel. (Alle hulpmiddels / benodighede moet by die klas op die gegewe datum wees.)